Afrikaans |  English

Welkom by Perspektief

Perspektief Finansiële Adviseurs verskaf volledige risiko-analises sowel as verpersoonlike oplossings vir individue en klein tot medium ondernemings.  Ons glo daarin om ‘n professionele verhouding met ons kliënte te ontwikkel, en om objektief en onafhanklik te adviseer rondom versekering-  en beleggingstrategië.

Waarvoor staan Perspektief?  Deur die produkte en die oplossings meer analities te oorweeg, verskaf ons meer volhoubare oplossings aan die kliënt, wat die risiko’s en kostes vir die kliënt op die langtermyn verminder.

___________________________________________________

                                                     Hoekom Perspektief

Onafhanklikheid
Dit stel ons in staat om die spesialisfirma in elke sektor te gebruik eerder as om net een diensverskaffer te gebruik wat nie noodwendig die beste oplossing bied nie. Sodoende verskaf ons die beste oplossings vir elke kliënt se spesifieke behoefte.

Gekwalifiseerde Persone
Ons waardeproposisie is integriteit en eerlikheid. Die adviseurs beskik oor tersiêre kwalifikasies en ondervinding in hierdie vakgebied.  Daar word  met omsigtigheid aanbevelings gemaak.  Op administratiewe vlak word  bekwaamheid en stipteklikheid as vereiste vooropgestel.

Verskeidenheid Finansiële Produkte
Ons bied ‘n wye spektrum van dienste en produkte . Ons het kontrakte met ‘n verskeidenheid lewensversekeraars, beleggingshuise, aftreefonds bestuurders, mediesefondse en korttermyn versekeraars. 

___________________________________________________

                                                     Produkte en Dienste

Persoonlike risikoversekering
Lewensversekering
Ongeskiktheidsdekking
Siekte- of Inkomstebeskerming
Gevreesde siektedekking


Aftreebeplanning
Deur van verskillende berekeningsmodelle gebruik te maak word die mate van  voorsiening vir aftreeinkomste bepaal. 

Pensioen-,  Voorsorg-  en Bewaringsfondse
Met die fokus op belastingbesparing word daar aan individue en groepe t.o.v hierdie vakgebied geadviseer en oplossings aangebied.

Beleggingsadvies en bestuur
‘n Dinamiese strategie word gevolg om kliënte met die plasing en die deurlopende bestuur van beleggings te adviseer.

Mediese fondse
Ons kan u adviseer t.o.v. die verskillende opsies en die wetgewing met betrekking op mediese fondse.

Korttermyn versekering
Verskillende produkte is deur ons beskikbaar vir huishoudelike  en motorversekering asook kommersiële versekering.  

___________________________________________________

                                                             Omtrent ons

Ons Visie

-   Om langtermyn professionele verhoudings met kliënte op te bou.
-   Om die kliënt in te lig en toe te rus, sodat hulle ‘n breër perspektief het aangaande versekering, beleggings en die     dinamiese omgewing waarbinne hierdie onderwerpe funksioneer.

Ons Missie

-   Om ‘n vriendelike omgewing daar te stel waarbinne besigheidsbesluite geneem word.
-   Om ‘n wedersydse verhouding van respek en vertroue te kweek.
-   Om sensitief te wees vir die kliënt se ervaring.
-   Om met verantwoordelikheid, maar steeds dinamies te adviseer.
-   Om ons besigheid uit te brei deur gelukkige kliënte wat ons na nuwe kliënte aanbeveel.

___________________________________________________

Kontak ons gerus of reël ‘n konsultasie om enige van u vrae te beantwoord.

Epos:   
 pf@perspektieffa.co.za


Kontak no’s:
Kantoor:  044 873 3638
Sel:           083 709 4111
Faks:        086 502 4240

Adres:     60 Edgely road , Kingswood , George, 6529

___________________________________________________

Perspektief Finansiële Adviseurs BK is ‘n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. FSP no: 36013

 
      PF van der Schyff
      B.Comm Rek / H.O.D.N (PU vir CHO) | CFP (UOVS)